Dis hoe ek gaan gewig verloor: sop en oefen…

Dit mag dalk as ‘n skok kom dat hierdie deurmekaar website van my ‘n Afrikaanse post kry. Onthou, ek hou van Suid-Afrikaans en wat is meer Suid-Afrikaans as om iets te sê in Afrikaans? Jy my dalk ‘n paar snaakse woorde hoor tussen in want ek is al so gewoont aan Engels praat en tik dat ek al amper vergeet het van Afrikaans.

Om ‘n storie kort te knip, dis alweer sulke tyd van die jaar en met dit bedoel ek die tyd wat ek besef dat ek dalk nodig het om so ‘n paar klios gewig te verloor. My grooste probleem is natuurlik my maag en die ander issue is dat ek nie altyd baie tyd het om gym toe te gaan en terug nie – werk en familie hou my redelik besig. Ek het iewers gelees hoe mense praat van sop en hoe jy dit kan eet, sonder om enige tyd te spandeer aan oefening, en selfs gewig verloor.

Dit laat my sommer terug dink aan die dae wat my ma altyd vir my sop gemaak het. Lyk my vrouens is oor die algemeen mal oor sop want toe ek vir my vrou dit genoem het, het sy vinnig vir my haar gunsteling sop dieet plan voorgeskryf en om alle koste belowe dat dit sal werk. Ek is nog nie presies seker hoe hierdie dieet my sal help gewig verloor om my maag nie, maar die website waarna sy my verwys het het wel ‘n hele paar ander tips ook.

As dit kom by hoe om gewig te verloor om jou middel lyk my dat my drome van geen oefening dalk nie so goed gan realiseer nie aangesien een van die tips wat hierdie website gee is om oefening te doen. Dit maak seker sin, dalk moet ek nie begin draf of iets elke dag of twee. Ek is seker dit sal ook baie help. Met betrekking tot die hele sop storie: ek dink ek sal dit probeer maar ek is nie seker of dit regtig sal werk nie, maar aangesien die vrou dit voorgeskryf het kan ek seker nie nee sê nie… Dieselle website wat die sop dieet voorskryf praat ook van ‘n 28 dag dieet wat hulle eintlik heeltemal ander voorskryf. In plaas van die 28 dag ding praat hulle van ‘n 3 weke ding wat nog beter klink vir my. Hoe vinniger ek onstlae kan raak van hierdie magie hoe beter. Ek weet net nie of ek hierdie dieet sal kan maak nie – ek hou nogals van eet en om ‘n 28 dae dieet plan of 3 weke dinge of watookal te volg klink nog moeiliker as om sop te eet…

Ondersteun gerus die website waar ek al hierdie inligting gekry, hulle verskaf al hulle inligting in Afrikaans wat ek vind nogals uniek is: Weesgesond.co.za

As een van julle in dieselfde boodjie sit as ek met bietjie van ‘n boep probeer gerus die sop ding en doen so bietjie oefening dan laat weet jy vir my hoe dit uitdraai asseblief.

Hiers ‘n video wat jou sekerlik sal laat lag…

Save

Save